SIEGFRIED MYNHARDT (1906-1996)
Siegfried Mynhardt was ’n Afrikaanse akteur wie se loopbaan oor meer as ses dekades gestrek het.
Sy loopbaan het in 1929 begin, en aanvanklik was hy deel van die toneelgeselskappe van Hendrik en Mathilda Hanekom, Paul de Groot en André Huguenet. Nadat hy in die 1930’s ’n tyd lank in Engeland toneel gespeel het, het hy weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het later vir TRUK se Engelse geselskap in verskeie toneelstukke opgetree.
In 1946 het hy sy debuut as rolprentakteur in 𝘋𝘪𝘦 𝘴𝘬𝘦𝘳𝘱𝘪𝘰𝘦𝘯 gemaak, gevolg deur 𝘗𝘢𝘶𝘭 𝘒𝘳𝘶𝘨𝘦𝘳 in 1956. In die 1960’s was hy te sien in rolprente soos 𝘋𝘦𝘣𝘣𝘪𝘦, 𝘑𝘺 𝘪𝘴 𝘮𝘺 𝘭𝘪𝘦𝘧𝘭𝘪𝘯𝘨, 𝘋𝘳. 𝘒𝘢𝘭𝘪𝘦 en 𝘋𝘪𝘦 𝘋𝘢𝘯𝘪𝘦 𝘉𝘰𝘴𝘮𝘢𝘯-𝘴𝘵𝘰𝘳𝘪𝘦, gevolg deur 𝘓𝘪𝘦𝘥 𝘪𝘯 𝘮𝘺 𝘩𝘢𝘳𝘵, 𝘛𝘢𝘯𝘵 𝘙𝘢𝘭𝘪𝘦 𝘴𝘦 𝘭𝘰𝘴𝘪𝘦𝘴𝘩𝘶𝘪𝘴, 𝘛𝘳𝘰𝘶𝘥𝘢𝘨 𝘷𝘢𝘯 𝘛𝘢𝘯𝘵 𝘙𝘢𝘭𝘪𝘦 en 𝘋𝘢𝘢𝘳 𝘬𝘰𝘮 𝘵𝘢𝘯𝘵 𝘈𝘭𝘪𝘦 in die 1970’s. In die beginjare van Suid-Afrikaanse televisie het hy in reeks soos 𝘋𝘰𝘬𝘵𝘦𝘳 𝘋𝘰𝘬𝘵𝘦𝘳, 𝘋𝘳𝘢𝘮𝘢 𝘋𝘳𝘢𝘮𝘢 en 𝘛𝘑 7 opgetree. Sy laaste rol in ’n verhoogstuk was in 𝘋𝘪𝘦 𝘩𝘰𝘶𝘵𝘣𝘰𝘳𝘥 in 1989, toe hy 79 jaar oud was.
Hy is op 29 Maart 1996 in die ouderdom van 87 jaar oorlede.
deur Daantjie Badenhorst