
KONSENTRASIEKAMPE VAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG
Tydens die Anglo-Boereoorlog, wat van 1899 tot 1902 geduur het, het die Britse magte konsentrasiekampe in die Kaapkolonie, die Vrystaat, Transvaal en Natal opgerig.
In 1900 het Herbert Kitchener beheer van die Britse magte oorgeneem en begin om taktiek wat tot die Britse oorwinning aanleiding gegee het, in werking te stel. Volgens die historikus Thomas Packenham het Kitchener planne in werking gestel om guerrillas in ’n reeks stelselmatige veldtogte af te skrik, en die Boere wat gevange geneem en gewond is, van alles wat van waarde vir hulle was, te stroop. Dit het hul vroue en kinders ingesluit. Groot siekte-epidemies het uitgebreek en daar was duisende sterfgevalle, onder meer onder kinders.
Ingevolge die Verskroeideaardebeleid is die Boere se plase vernietig; hul oeste is stelselmatig vernietig en hul vee is geslag terwyl hul opstalle afgebrand is. Daardeur het die Britse magte die Boere verhinder om hul voorrade aan te vul en duisende mans, vroue en kinders is na konsentrasiekampe gestuur. Dit was nie die eerste keer dat konsentrasiekampe opgerig is nie, aangesien Spanje dit tydens die Kubaanse oorlog ook gedoen het. Dit was egter die eerste keer wat ’n hele nasie stelselmatig geteiken is en vir die eerste keer is hele streke heeltemal ontvolk. Op die ou einde was daar 45 konsentrasiekampe vir Boeregevangenes en nóg 64 vir swart mense. Onder die 28 000 Boeremans wat gevange geneem is, is 25 630 na die buiteland gestuur met die gevolg dat die meeste gevangenes vroue en kinders was.
Die administrasie van die kampe was uiters swak en hulle het al hoe meer oorbevolk geraak namate Kitchener se troepe die strategie van gevangeneming al hoe meer in werking begin stel het. Die gesondheidstoestande was haglik, veral as gevolg van verwaarlosing, swak higiëne en swak sanitasie. Wanvoeding en aansteeklike siektes soos masels het die situasie nog verder vererger en omdat hedendaagse mediese fasiliteite nog nie bestaan het nie, is baie van die gevangenes in die konsentrasiekampe dood.
Hoewel die Britse algemene verkiesing van 1900, wat ook as die “Khaki-verkiesing” bekendgestaan het, op ’n oorwinning vir die Konserwatiewe Party uitgeloop het as gevolg van die Britse magte se oorwinning oor die Boere, het openbare steun gou gekwyn aangesien berigte die ronde gedoen het waarin die swak behandeling van die Boere-burgerlikes deur die Britse magte beklemtoon is. In Februarie 1901 is daar in die parlement daarteen beswaar gemaak toe David Lloyd, ’n parlementslid van die Liberale Party, ’n venynige aanval op die regering geloods het.
Emily Hobhouse, ’n afgevaardigde van die Suid-Afrikaanse Noodfonds vir Vroue en Kinders, het sommige van die kampe in die Vrystaat in Januarie 1901 besoek en in Mei daardie jaar het sy aan boord van die skip Saxon na Engeland teruggekeer. Alfred Milner, die hoë kommissaris in Suid-Afrika, was ook aan boord van die skip. Ongelukkig vir die gevangenes en die Britse regering het hy hoegenaamd geen tyd vir Hobhouse gehad nie; hy het haar as ’n Boere-simpatiseerder en ’n moeilikheidmaker beskou. Met haar terugkeer, het Hobhouse baie gedoen om die nood van die gevangenes onder die publiek se aandag te bring. Sy het daarin geslaag om met Henry Campbell-Bannerman, die leier van die Liberale Party te praat, maar hy was nie bereid om aandag aan die saak te gee nie omdat sy party in twee geskeur was tussen die imperialiste en die faksies wat die Boere goedgesind was.
St John Brodrick, die Konserwatiewe Minister van Buitelandse Sake belas met oorlogsake, het die regering se beleid aanvanklik verdedig deur te sê dat die kampe vrywillig was en dat die Boere gelukkig en gemaklik was. Hy kon sy bewerings egter nie met statistiek staaf nie; daarom het hy later beweer dat die kampe “militêr noodsaaklik” was en dat alles moontlik gedoen is om die toestande in die kampe so gemaklik as moontlik te maak.
In Junie 1901 het Hobhouse ’n verslag gepubliseer wat Brodrick se bewerings weerlê het, waarna Lloyd George die regering openlik daarvan beskuldig het dat hy met ’n beleid van uitwissing teen die Boere-bevolking besig was. In dieselfde maand het Campbell-Bannerman die retoriese vraag “Wanneer is ’n oorlog nie ’n oorlog nie?” beantwoord, met verwysing na die konsentrasiekampe en die beleide wat daarvoor verantwoordelik was. Hobhouse se verslag het in die Britse gemeenskap en internasionaal ’n herrie veroorsaak, maar buite Suid-Afrika was daar feitlik geen simpatie vir die uiters reaksionêre president Paul Kruger nie.
Hoewel die regering die parlementêre debat met 252 stemme teen 149 gewen het, het hy onder venynige kritiek deurgeloop. Die openbare verontwaardiging het gemaak dat Lord Kitchener gevra is om ’n diepgaande verslag saam te stel. In reaksie daarop is volledige statistiek oor wat in die kampe gebeur het, in Julie 1901 uitgestuur. Altesaam 93 940 Boere en 24 457 swart mense is in die kampe aangehou en die hoë sterftesyfer, veral onder kinders, het gemaak dat dit ’n katastrofe geword het.
Die regering het op die groeiende ontevredenheid gereageer deur ’n kommissie van ondersoek aan te stel. Die kommissie was uniek in die sin dat dit slegs uit vroue bestaan het. Die voorsitter was Millicent Fawcett, ’n lid van die beweging wat stemreg vir vroue bepleit het, maar ’n ondersteuner van die regering was. Dit het gemaak dat die kommissie “in veilige hande” was. Sy het die konsentrasiekampe tussen Augustus en Desember 1901 besoek. Hoewel die regering ’n verslag verwag het wat gebruik kon word om kritiek teen die kampe te besweer, het dit Hobhouse se ergste vrese bevestig. Daarby het die verslag aanbeveel dat rantsoene vermeerder moes word en dat meer verpleegsters daarheen gestuur moes word. Dit het ook ’n paar praktiese maatreëls bevat wat ingestel moes word om toestande in die kampe te verbeter. Fawcett het reguit gesê dat die katastrofe te wyte was aan die feit dat basiese higiënestandaarde nie gevolg is nie. In November 1901 het Joseph Chamberlain, die koloniale sekretaris, Alfred Milner beveel om te verseker dat alles moontlik gedoen sou word om die sterftesyfer te verlaag. Die burgerlike owerhede het beheer van die kampe by Kitchener oorgeneem en teen Februarie 1902 het die sterftesyfer tot 6,9% gedaal. Op die ou einde was die syfer slegs 2%.
Die Vrede van Vereeniging wat op 31 Mei 1902 gesluit is, het ’n einde aan die Anglo-Boereoorlog, en daarom ook aan die konsentrasiekampe gebring. Op 16 Desember 1913 is die Nasionale Vrouemonument, ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe dood is, onthul.
deur Daantjie Badenhorst
Lys van konsentrasiekampe, sterftes en die tydperk wat dit bestaan het
(soos geneem uit Konsentrasiekampsterftes van Celeste Reynolds)
Sterftes: 778
Tydperk: Januarie 1901-November 1902
Balmoral (Witbank)
Sterftes: 547
Tydperk: Julie 1901-Desember 1902
Sterftes: 274
Tydperk: Februarie 1901-Desember 1902
Sterftes: 311
Tydperk: Februarie 1901-Desember 1902
Sterftes: 1745
Tydperk: April 1901-Januarie 1902
Sterftes: 2100
Tydperk: 1900-Januarie 1903
Bloemhof
Sterftes:4
Boksburg
Sterftes: 9
Sterftes: 1646
Tydperk: Januarie 1901-Maart 1903
Bronkhorstspruit
Sterftes: 2
Tydperk: 1901
Sterftes: 6
Tydperk: Januarie 1902-April 1902
De Jagersdrift
Tydperk: Mei 1901?
Douglas
Tydperk: Okt 1901-?
Driefontein
Sterftes: 10
Tydperk: 31 Augustus 1902 (gesluit)
Edenburg
Sterftes: 376
Tydperk: Des 1900-1901?
Elandsfontein
Sterftes: 5
Tydperk: Januarie 1901-Junie 1901
Ermelo
Stertes: 15
Steftes: 3
Tydperk: Oktober 1901-April 1902
Greylingstad
Sterftes: 180
Sterftes: 175
Tydperk: November 1900-Mei 1902
Sterftes: 559
Tydperk: Januarie 1901-Desember 1902
Sterftes: 1106
Tydperk: Februarie 1901-Januarie 1903
Holfontein
Sterftes: 7
Honingspruit
Sterftes: 1
Sterftes: 171
Tydperk: Januarie 1901-Oktober 1902
Sterftes: 1314
Tydperk: Desember 1900-Februarie 1903
Isipingo (Durban)
Sterftes: 6
Sterftes: 57
Tydperk: Februarie 1902-Januarie 1903
Johannesburg (Turffontein)
Sterftes: 782
Tydperk: Desember 1900-Oktober 1902
Kabusie (King William’s Town)
Sterftes: 3
Tydperk: Mei 1902-Desember 1902
Sterftes: 665
Tydperk: Januarie 1901-Januarie 1903
Sterftes: 1499
Tydperk: Januarie 1901-Januarie 1903
Klippoortje
Sterftes: 4
Tydperk: Desember 1901-25 Oktober 1902
Sterftes: 1704
Tydperk: September 1900-Januarie 1903
Sterftes: 1248
Tydperk: Mei 1901-Desember 1902
Ladybrand
Tydperk: April 1901-Junie 1902?
Ladysmith
Sterftes: 18
Tydperk: Februarie 1902-September 1902
Lydenburg (militêre pos)
Sterftes: 15
Tydperk: ?1900 – ?1902
Sterftes: 1413
Tydperk: Julie 1901-Desember 1902
Meintjeskop (Pretoria)
Sterftes: 469
Tydperk: Januarie 1902-Desember 1902
Merebank (Claremont/Durban)
Sterftes: 604
Tydperk: September 1901-Desember 1902
Sterftes: 2239
Tydperk: Februarie 1901-Januarie 1903
Nauwpoort-Wes
Sterftes: 3
Tydperk: 22 September 1902 (gesluit)
Nigel en Floridakop
Sterftes: 127
Tydperk: Desember 1901-31 Augustus 1902
Sterftes: 461
Tydperk: Februarie 1901-Oktober 1902
Sterftes: 555
Tydperk: Mei 1901-Maart 1902
Oos-Londen (Stutterheim)
Sterftes: 12
Tydperk: Maart 1902-Augustus 1902
Oranjerivierstasie (Oranjerivier/Hopetown)
Sterftes: 238
Tydperk: April 1901-November 1902
Sterftes: 238
Tydperk: Augustus 1900-Desember 1902
Sterftes: 964
Tydperk: Mei 1901-Januarie 1903?
Sterftes: 33
Tydperk: April 1902-Augustus 1902
Sterftes: 48
Tydperk: November 1900-November 1902
Sterftes: 1293
Tydperk: September 1900-Maart 1903
Sterftes: 784
Tydperk: Februarie 1900-Januarie 1903
Sterftes: 1173
Tydperk: Desember 1900-Januarie 1903
Sterftes: 10
Tydperk: April 1902-Oktober 1902
Sterftes: 341
Tydperk: September 1900-November 1902
Sterftes: 1157
Tydperk: Februarie 1901- Januarie 1903
Vredefortweg (Greenlands)
Sterftes: 606
Tydperk: Februarie 1901-September 1902
Sterftes: 286
Tydperk: Julie 1901-Desember 1902
Vryheid
Sterfes: 23
Tydperk: Julie 1901-?1902
Warrenton
Sterftes: 3
Tydperk: Maart 1901-Julie 1902?
Waterval Bridge (Waterval Boven)
Sterftes: 28
Tydperk: ?-30 September 1902
Sterftes: 19
Tydperk: Maart 190?-September 1902
Winburg (Vaalbank)
Sterftes: 637
Tydperk: Januarie 1901-Januarie 1903?